Friday, November 4, 2011

Hallo my pop

Hi my pop

Pappa kan nie wag om jou in my arms te hou nie. Ek moet erken ek is so bietjie senuweeagtig want pappa is so gewoond om te stoei met boetie, nou moet pappa saggies werk met my poppie ;-)

Ek is baie opgewonde om jou pratige gesiggie te sien!

Liefjou al klaar meer as wat woorde kan beskryf.
Pappa

Monday, September 19, 2011

32 Weke


Sjoe my liefie, jy gee Mamma bietjie opdraende. Maar, ek kla nie, kan steeds nie wag om jou te ontmoet nie. Amper daar, 8 weke om te gaan.

Ons loer weer Woensdag vir jou by die dokter, volgens die 4D tannie het jy nog nie gedraai nie, so Mamma hoop maar net jy begin nou jou boude in die lug kry binnekort.

Alles is darem wat admin aanbetref in orde. My UIF papiere word gestuur einde van die maand, die hospitaal bed is bespreek, mediese fonds is uitgesorteer en die dokter is betaal.

Nou is dit net jou en boeta se kamers. Al die gordyne en goed is klaar, maar ons moet nog eers verf en dan is Ouma Nini besig met al die beddegoed.

Nog net 8 wekies my engel, nog net 8 wekies... XXX

Hier is Mamma se pens op 32 weke.

31 Weke

Wednesday, September 7, 2011

4D scan

Jy was maar skaam jong, met jou kop en gesig in die placenta gedruk. Ons moes lekker krap om ietsie te sien.

Maar jy het vir ons 'n paar oulike gesiggies gegee:

Arm en elmboog

Handjie 

So paar gesiggies 






Kan nie wag om jou te sien nie my pop!

Liefde
Mamma

Friday, July 29, 2011

24 week sonar

Hartklop

Gesiggie

Vloei in naelstring

Lekker vol blaas!

Beentjies gekruis.

Jy weeg nou al 882g, sjoe! Mamma sukkel bietjie om die video te laai, maar ek sal aanhou probeer...

Lief vir jou!

Friday, July 22, 2011

24 Weke


En ons bereik die 24 week merk!

Jy is LEKKER besig, veral deur die nag. Pappa voel jou nou al lekker woel elke oggend en ek sien jou beweeg.

Jy is nou lewensvatbaar! Yippie!!!

Boetie kuier bietjie die naweek by Ouma Nini en Oupa Boeta, so Mamma hoop om jou beddegoed/gordyne klaar te maak. Alles is darem klaar gesny... (Hy reken mos sy magie is seer, want daar is 'n boetie/sussie in)

Tyd raak al minder my pop!
Mamma kan nie wag nie, ons loer weer volgende week vir jou...

Lief vir jou Marilé'tjie...

Monday, July 11, 2011

22 Weke


Pappa voel!

7 Julie 2011 - 21 Weke en 4 dae...

Jy is al lankal sterk genoeg met jou skoppe dat Pappa sou kon voel, maar jy is "skaam" en elke keer as hy voel, dan hou jy op. Uiteindelik het jy hom 'n paar skoppe gegee - Donderdag oggend!

Dit was so spesiaal!
xxx

21 Weke


Monday, June 27, 2011

Halfpad!!!

Sjoe my bokkie, waar het die tyd heen gevlieg??

Mamma is nou halfpad met die swangerskap, jy beweeg lekker (Pappa het nog nie gevoel nie) en jy groei mooi!


Thursday, June 23, 2011

Kyk hoe groei jy!

Kyk net hoe lekker strek jy daai LANG bene van jou! Jy is ook nou defnitief 'n klein pienk poppie wat op ons wag, Mamma en Pappa is BAIE opgewonde!

Wednesday, June 15, 2011

Jou kamer

Dit is mamma se planne met jou kamer, min of meer.

Pienk en Bruin, ek het lap gaan koop waarmee ek 'n paar "scatter cushions" wil maak en dan gebruik vir 'n val bo die gordyne. Die res gaan alles die "sagter" pienk wees, soos bo, met die bruin.

LAP

BEDDEGOED IDEE

PATROON TEEN DIE MUUR