Monday, June 27, 2011

Halfpad!!!

Sjoe my bokkie, waar het die tyd heen gevlieg??

Mamma is nou halfpad met die swangerskap, jy beweeg lekker (Pappa het nog nie gevoel nie) en jy groei mooi!


Thursday, June 23, 2011

Kyk hoe groei jy!

Kyk net hoe lekker strek jy daai LANG bene van jou! Jy is ook nou defnitief 'n klein pienk poppie wat op ons wag, Mamma en Pappa is BAIE opgewonde!

Wednesday, June 15, 2011

Jou kamer

Dit is mamma se planne met jou kamer, min of meer.

Pienk en Bruin, ek het lap gaan koop waarmee ek 'n paar "scatter cushions" wil maak en dan gebruik vir 'n val bo die gordyne. Die res gaan alles die "sagter" pienk wees, soos bo, met die bruin.

LAP

BEDDEGOED IDEE

PATROON TEEN DIE MUUR

18 Weke

Kyk hoe groei jy! Jy raak nou woeliger, mens kan voel jy kriewel elke kort kort hier binne. Dis lekker! Ons loer weer volgende week vir jou, maar ek gaan kyk of ons nie 'n "skelm" sonar kan inwerk Sondag as ons in Nigel gaan kuier nie. Mamma wil net vir jou loer!



Mamma se pensie op 18.3 weke.


Vir nou, is jou naam: Marilé (Pappa besluit nog op 'n tweede naam vir jou!)

Lief vir jou pop!

Friday, June 3, 2011

17 Weke!

Dit is "insane" om te dink ek is al amper halfpad, waar het die tyd heen gevlieg?

Kyk hoe groot is jy nou.


Wednesday, June 1, 2011

16 Weke...


Kyk wie loer daar!


Ja my meisiekind, toe is jy 'n klein pienk poppie wat vir ons wag! Mamma is so opgewonde!
Jy gee my nog lekker sagte tikkies, maar defnitief meer opvallend.

Jy weeg nou 158g en het so mooi vir ons geloer! Ons het maar bietjie gesukkel om te sien wat daar tussen die bene aangaan, want jy het lekker gemaklik met jou bene gekruis gelê, maar na 'n bietjie skud, kon ons sien daar is geen slangetjies wat vir ons wag nie!

Mamma sal graag met jou kamer begin, ek dink ek sal net wag tot ons met die volgende sonar 100% bevestig ek kan maar pienk koop, dan sal ek begin om vir jou 'n mooi "nessie" te maak.

Lief vir jou al klaar so baie!
Mamma