En hier is jy!
Mamma was winkels toe vir die laaste keer, Maandag 7 November, maar ek kon skaars loop van die ongemak en pym en moes eenvoudig omdraai by die Absa in Woodlands. Ek het toe maar huistoe gegaan en begin "nest"...
Tussen Maandag en Dinsdag het ek omtrent 9 bondels wasgoed gewas, 7 bokse uitgepak, jou kamer reg gekry, skottelgoed gewas, ek kan nie eers meer onthou wat alles nie, maar dit was duidelik, ek "nest". Teen die middag het my maag bietjie begin snaaks voel en ek het konstant "braxton hicks" gekry wat my laat wonder het. Die aand het ek effens rugpyn gehad, maar na so 3 keer se saamtrek was dit weg en ek het gaan slaap. Ek was bespreek vir 'n induksie die Woensdag aand om 10uur, so dit was die laaste aand voor jy kom.
Woensdag, 9 November - 4am ek word wakker van rugpyn, maar niks ernstigs nie, ek slaap nie meer baie gemaklik nie, so ek vermoed maar dis soos ek my lyf "dood" le. Ek staan op om te gaan pieps, en soos ek terug loop bed toe besef ek wat is aan die gang. My water breek...
Sit die ligte aan, maak vir Pappa wakker, bel vir Ohan om vir boeta te kom babysit tot Ouma Nini kom, bel vir Ouma, stort, was hare (dalk bietjie te rustig gevat as ek nou daaraan dink) trek aan (soek eers my klere - want ek het niks uitgesit vir die nag nie, omdat ons mos sou ingaan) groet vir Josh'ie wat nog lekker le en doedoe en ry hospitaal toe.
Ons kom daar aan so 5:15, die water loop weer terwyl Pappa parkering soek (ek is solank by die ingang afgelaai) en ons stap deur kraamsaal toe. Hulle doen allerhande "check" en dit my op die monitor om te sien hoe die kontraksies vorder en hoe jy "cope"
Teen 5:30 begin my eerste kontraksie, hulle is reeds so tussen 3 en 4 minute uitmekaar en teen 6uur is ek 3cm ontsluit. Jy speel nie poppie! Ek loop rond vir so halfuur, Pappa vryf my rug, ons gesels en lag en ewe skielik is die kontraksies op mekaar. Ons roep die suster om te kom kyk hoe dit vorder en ek is nou 4cm ontsluit (na so bietjie hulp is ek sommer 6cm) Sy bring vir my die bal om op te hop wat bietjie help om die drukking te verlig.
So by 7 uur roep ons haar weer, want dit raak nou nogal seer en ek wil die pyn opsies met haar bespreek. Ons besluit om deur te gaan na die kraam kamer toe en die entonox gas te gebruik. Ek hop daar rond vir 10 minute voor ek besef ek wil nou druk en klim op die bed. Die susters bel die dokter en ek is nou reed 8cm ontsluit (om en by 7:20am) Ek kan die druk nie keer nie en toe ons hoor die dokter is in die gang toe begin ek bietjies bietjies druk. Die gas is weg, dis nou net ek en die kontraksies!
Dit vat seker so 3 kontraksies om jou uit te kry, 7:38am en jy is gebore, 3.52kg, 48cm lank en koppie is 35cm. Pragtigste meisiekind ooit!


