Mamma voel nie aldag so lekker nie. Nie regtig naar nie, maar nie 'n wilde eetlus nie, alhoewel ek weet as ek eet gaan ek beter voel. Dis so bietjie 'n "vicious cycle" Ek wil nie eet nie, want ek voel nie lekker nie, maar as ek eet voel ek beter.
My vel slaan wild uit, in my nek, ek kan nie onthou dat dit so was met boetie nie. Ek is die keer ook baie meer emosioneel en soms bietjie "moody"
Anders is daar nie klagtes nie, om 'n lewe in jou te hê en te weet jy voed 'n nuwe mensie is genoeg om enige "slegte" gevoel te laat weg gaan.
Mamma is klaar oneindig lief vir jou!