Monday, May 23, 2011

15 Weke

Mamma het so bietjie eina gehad oor die naweek en net om seker te maak het ons by die "maternity" gaan inloer by die hospitaal. Dis maar nog seer en ongemaklik, maar jy is okay en daar is nie rede tot enige kommer nie. Ons sien die Dokter weer Donderdag, so darem kan ons weer seker maak alles is soos dit moet wees. Ons wil ook graag loer wat jy vir ons wegsteek!

Jy is nou al 15 weke aan die groei hier binne, al groot en jy gee nog sulke ligte tikkies af en toe. Mamma is dankbaar daarvoor...


Tuesday, May 17, 2011

14 Weke

14 Weke, jy groei lekker my liefste ding. Jy gee mamma so elke nou en dan 'n tikkie om te sê: "ek is hier". Ek geniet dit die meeste!

Klaar so baie lief vir jou...

Ons loer volgende week vir jou.

Thursday, May 12, 2011

Pensie

9 Weke
 12 Weke
13 Weke

Nog niks eintlik nie, dis maar net Mamma se vetrol wat so hang!

Monday, May 9, 2011

13 Weke en Eerste dinge...

En daar is dit toe nou, jou eerste "skoppie" of tikkie op 12 weke en 5 dae - Vrydag 6 Mei 2011.
Nou begin dinge werklik voel, dis nog liggies en min, maar dis daar, daardie gevoel wat jy vir niemand kan beskryf nie, ongelooflik!