Monday, May 23, 2011

15 Weke

Mamma het so bietjie eina gehad oor die naweek en net om seker te maak het ons by die "maternity" gaan inloer by die hospitaal. Dis maar nog seer en ongemaklik, maar jy is okay en daar is nie rede tot enige kommer nie. Ons sien die Dokter weer Donderdag, so darem kan ons weer seker maak alles is soos dit moet wees. Ons wil ook graag loer wat jy vir ons wegsteek!

Jy is nou al 15 weke aan die groei hier binne, al groot en jy gee nog sulke ligte tikkies af en toe. Mamma is dankbaar daarvoor...


No comments:

Post a Comment