Sjoe my engel, Mamma en Pappa is maar sleg met die skryf deesdae, ek het meer as 'n jaar laas hier ietsie opgesit!
Jy het intussen al 1 geword (Cupcakes & Tea Cups Partytjie) en jy het nou al 9 tande. Jy is al lankal verby kruip en loop die wêreld vol, ek moes jou al twee keer op die boonste vloer gaan haal waar jy die trappe uitgeklim het (self) en gaan speel het - my hart het al 'n paar keer amper gaan staan met jou!
Jy sê: "Mamma, Pappa, Baba, Tata (en dan waai jy), Dada, Ka (Kla), Kyka (Kyk daar), Na (Nee), Baaa (as ek sê bêre) en Ja. Ons begin nou met Oupa en Ouma, die regte geluide is daar!
Jy geniet die skooltjie baie en ek kan sien jy speel lekker! Jy het so bietjie gehuil weer aan die begin van die jaar na die vakansie, maar dit was net so vir 2 dae toe is jy al te gretig om na Maria se arms te gaan (ek dink jy weet sy het kos, so jy wil net eet)
Ons het jou kot aan die een kant oopgemaak op 14 maande en jy het darem nog nie een keer afgeval nie!
Verder is jy 'n regte dogtertjie, hou van alles wat blink, bangles en hangertjies en jy het klaar PMS, ha ha ha!
Ons is so baie lief vir jou en ek belowe ek sal sommer gou gou weer skryf, asook alles wat al verby is inhaal en terug verwys na die regte datum waarop dit gebeur het.
Lief vir jou bekkie! (Joshua noem jou, "my bek", want Pappa noem jou so!)
No comments:
Post a Comment